Hervorming steeds ‘n prioriteit – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid is heelhartig verbind om met die hervormingsagenda voort te gaan en groter en meer inklusiewe ekonomiese groei te bereik. Hy het gisteraand in Johannesburg fase twee van die regering/sake-vennootskap bekendgestel waar hy ook met meer as 80 uitvoerende hoofde vergader het. Ramaphosa sê hulle het deur hierdie vennootskap probeer om die vaardighede, talent, kennis en welwillendheid in die land op ekonomiese groei en werkskepping te mik: