Nie alle kerke gelukkig met FIC nie

Die Finansiële Intelligensiesentrum poog om te verhoed dat onwettige operateurs nie-winsgewende organisasies en kerke as fronte vir onwettige aktiwiteite gebruik. Hulle moet elke jaar saam met hul jaarverslae bewyse van hul befondsing verklaar en indien, of die sentrum kan regstappe neem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met biskop Lukas Katenda van die Gereformeerde Evangeliese Anglikaanse Kerk Namibië, wat sê dis ‘n goeie ding en hulle voldoen aan die vereistes.

Pastoor Danie Danda van die Alliansie van Christelike Kerke sê egter hulle ondervind probleme met die sentrum. Hy verduidelik.