DA verwelkom hof se besluit oor Mkhwebane

Die DA het die beslissing van die Appèlhof verwelkom om die aansoek van die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane van die rol te skrap. Sy het die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak betwis wat haar aansoek met koste afgewys het om die voorsitter van die parlementêre Artikel 194-komitee, Qubudile Dyantyi, en DA-parlementslid Kevin Mileham te laat onttrek. Glynnis Breytenbach van die DA sê die hof het met reg beslis Mkhwebane se appèl is prosedureel gebrekkig en absoluut ligsinnig: