Biko Booys moet nuwe regsman kry

Die beleërde oud-streeksraadslid vir Okahandja Steve Biko Booys sal weer op 30 Oktober in die streekshof voor landdros Esme Molefe voorkom na sy verkragtingsaak noodgedwonge uitgestel is. Sy prokureur Marthino Olivier het onttrek en Booys moet nuwe regsverteenwoordiging soek. Booys staan tereg op klagte van bloedskande en verkragting wat blykbaar in Januarie 2021 by sy huis in Okahandja voorgekom het. Hy is steeds in aanhouding by Seeis.