Spoedgrens verlaag in Parys

Owerhede in Parys het begin om die spoedgrens in die Franse hoofstad se besige kringpad geleidelik te verlaag in ‘n stap wat hulle meen veiligheid en lewensgehalte sal verbeter. Die stad se Sosialistiese burgemeester, Anne Hidalgo, sê die spoedgrens langs die 35-kilometer lange Boulevard Peripherique verlaag vandag van 70- tot 50-kilometer per uur. Al die padtekens hiervoor sal na verwagting teen die 10de Oktober aangebring wees. Die roete is een van Frankryk se besigste deurpaaie wat daagliks deur sowat 1,2-miljoen voertuie gebruik word.