Hoekom kuier Utoni by Emmerson?

Die Engelse dagblad The Namibian berig dat arbeidsminister Utoni Nujoma vergader het met Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa maar, die Swapo sekretaris-generaal Sophia Shangingwa ontken enige kennis daarvan. Die twee het verlede week by Mnangagwa se privaatwoning in Harare ontmoet. Nujoma het met Zimbabwiese media gepraat maar nie met plaaslike media nie en gesê die vergadering was privaat. Ontleders meen daar is niks privaat in ‘n vergadering tussen ‘n sittende minister en die president van ‘n buurland nie – veral nie met verkiesings wat op pad is nie.