Vance en Walz debatteer oor klimaat

Klimaatsverandering het onder die loep gekom tydens die debat tussen die Amerikaanse vise-presidente, die Republikein JD Vance en Demokraat Tim Walz, veral na die verwoesting van orkaan Helene. Donald Trump glo nie aan klimaatsverandering nie en JD Vance maak melding van vreemde wetenskap.

Tim Walz sê die boere in sy deelstaat, Minnesota, weet wat klimaatsverandering is.