VSA help Israel om Iran se 200 missiele af te weer

Iran het laat Dinsdagaand ʼn missielaanval op Israel uitgevoer ná die dood van die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah en ander. Minstens een persoon is in die aanval dood en talle ander is beseer. Iran se aanval volg ure nadat Israel aangekondig het hy het ʼn beperkte grondoperasie in Libanon begin. Amerika se woordvoerder vir Nasionale Veiligheid, Jake Sullivan, sê Iran het sowat 200 ballistiese missiele op Israel afgevuur en Amerikaanse torpedojaers het Israel gehelp om dit af te skiet: