Sinner, Alcaraz in Chinese Ope-eindstryd

Tennis: Die wêreld nommer een, Jannik Sinner van Italië, en nommer drie, Carlos Alcaraz van Spanje, gaan môre in Beijing sake uitspook om die Chinese Ope-titel. Alcaraz het Daniil Medvedev vandag in skoon stelle uitgeskakel terwyl die plaaslike promotorskeuse, Bu Yunchaokete, Sinner laat swoeg het in die ander halfeindstryd voor die Italianer die wedstryd beklink het. In die vroue-afdeling het die 15de gekeurde Spanjaard Paulo Badosa die tweede gekeurde Amerikaner, Jessica Pegula, in die ronde van 16 verras, en speel volgende teen die plaaslike speler, Zhang Shuai.