NEFF ontevrede met Verkiesingskommissie

Die Namibia Economic Freedom Fighters kan nou voorbereidings tref om aan die November-verkiesings deel te neem. Die Namibiese Verkiesingskommissie het die party in Junie gederegistreer, wat deur die party in die hof uitgedaag is en in September deur die hof omgekeer is. Die kommissie het aangekondig hy sal by die hof se uitspraak hou. Longinus Iipumbu, die NEFF se adjunkleier, het by ‘n perskonferensie sy ontevredenheid oor hierdie laat kennisgewing uitgespreek. Hy sê dis tyd dat Namibiërs ‘n party kry wat vir hulle staan.