Indië beklink toetsreeks teen Bangladesj 2-0

Krieket: Indië het die tweede toets teen Bangladesj in Kanpur met sewe paaltjies gewen en die reeks 2-0 beklink, nadat hulle die eerste kragmeting in Chennai met 280 lopies ingepalm het. Die gashere moes op die laaste dag 95 lopies in hulle tweede beurt aanteken nadat die besoekers vir 146 uitgehaal is. Jasprit Bumrah, Ravichandran Ashwin en Ravindra Jadeja het elkeen drie paaltjies ingeoes in Bangladesj se tweede beurt, en Indië het die teiken binne 18 boulbeurte bereik met drie paaltjies plat. Die twee lande speel nou ook drie T20s.