Drie dood, 15 beseer in mesaanval in Shanghai Walmart

Drie mense is dood en 15 ander beseer nadat ‘n man in ‘n Walmart-supermark in Sjanghai klante met ‘n mes aangeval het. Die Chinese polisie het ‘n 37-jarige man op die toneel in hegtenis geneem. Die voorval het by ‘n winkelsentrum in Songjiang plaasgevind, ‘n digbevolkte voorstedelike distrik in die suidweste van die stad, waar daar ook verskeie universiteite is. Die polisie sê die drie slagoffers het in die hospitaal aan hul beserings beswyk. Vuurwapens word verbied in China, maar die land het die afgelope maande ‘n vlaag mesaanvalle beleef.