Model, 81, in  Mej. Heelal Korea-kompetisie

ʼn Een-en-tagtig-jarige model het aan die Mej. Heelal Korea-kompetisie deelgeneem in ʼn poging om die oudste Mej. Heelal-deelnemer in die wêreld te word. Choi Soon-hwa het nie gewen nie, maar is as die besgeklede deelnemer aangewys gedurende die geleentheid in ʼn hotel in die Suid-Koreaanse hoofstad, Seoel. Choi het in hospitaalversorging gewerk voor sy in haar sewentigerjare met haar modelloopbaan begin het. Sy sê mense moet na haar kyk en besef jy kan gesonder lewe en gelukkig wees indien jy jouself uitdaag om ʼn droom te bereik.