Staatsamptenare word opgelei, bemagtig

Die Universiteit van Namibië en die Nasionale Beplanningskommissie het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om 100 staatsamptenare met kritieke projekbestuurvaardighede toe te rus. Die opleiding sal gefasiliteer word deur die Namibië Sakeskool, in noue samewerking met die Projekbestuur-instituut van Namibië en die Prestasieleweringseenheid. Hierdie samewerking is daarop gemik om die vermoëns te verbeter van staatsamptenare verantwoordelik vir die koördinering en lewering van nasionale ontwikkelingsprojekte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Unam se woordvoerder, Simon Namesho, wat meer inligting gee.