Nuwe planne vir Hardapdam na produsente vergader

Die vergadering tussen die Hardap-produsente, Namibia Dairies, die Mariental-munisipaliteit en NamWater het volgens berigte baie goed afgeloop. Produsente het NamWater se onttrekkingsyfers bevraagteken en besprekings het ook gesentreer op die 4,3 miljoen kubieke meter water dooie-kapasiteit van Hardap. Daar is bevind dat ‘n totaal van twee miljoen kubiek hiervan onttrek kan word. Die melkplaas sal ook water ontvang uit die kuile. ‘n Nuwe voorlegging vir benutting in die huidige maand sal aan die lynministerie en NamWater se bestuur voorgelê word.