Verkragting moeilik om te bekamp, kom voor agter geslote deure

Drie gru-verkragtings is onlangs in die Omusati-streek aangemeld. ‘n 104-jarige vrou is na bewering deur ‘n 33-jarige familielid verkrag en ‘n 12-jarige meisie deur haar twee ooms. Voor dit is ‘n polisiesersant in hegtenis geneem weens die beweerde verkragting van sy 15-jarige dogter. In al die gevalle woon die beskuldigdes en slagoffers in dieselfde huis. Die Omusati-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het met Kosmos 94.1 Nuus oor hierdie sake gepraat.