Beleggingsraad kry nuwe struktuur

Die Namibië Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad het oorgeskakel na ‘n nuwe bestuurstruktuur. Die raad sal nou bestaan uit onafhanklike nie-uitvoerende lede, onder voorsitterskap van ‘n presidensiële aanstelling. Die raad se uitvoerende hoof sal aan die direksie en die president verslag doen. ‘n Nuwe Tegniese Beleggingskomitee sal saamgestel word om staatsdienslewering aan te dryf en die gemak van sake doen te verbeter. Catherine Shipushu, die raad se senior bestuurder van kommunikasie, bemarking en handelsmerke sê dat ‘n nuwe direksie aangestel sal word. Die huidige adviesraad se termyn eindig op 31 Oktober.