M23 neem DRK myngebied oor 

Rebelle in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo het beheer oor die Rubaya koltan-mynstreek gekonsolideer en ‘n produksiebelasting ingestel wat na raming sowat 300 000 Amerikaanse dollar in maandelikse inkomste sal genereer. Die M23-beweging, ‘n Tutsi-geleide organisasie wat na bewering deur Rwanda gesteun word, het na intense gevegte in April beslag gelê op die gebied, wat minerale produseer wat in slimfone en rekenaars gebruik word. Bintou Keita, hoof van die VN-sending in die Kongo, het aan die VN se Veiligheidsraad gesê dat handel uit minerale in die Rubaya-gebied meer as 15 persent van die wêreldwye voorraad uitmaak.