Le Pen en 24 se verhoor skop af 

Die verhoor van Frankryk se verregse National Rally-leier, Marine Le Pen, en 24 senior leiers in die party het die week begin. Hulle het glo geld van die Europese parlement verduister met vals poste. Die stelsel van vals poste is vir die eerste keer in 2015 opgemerk en het kontrakte vir parlementêre assistente tussen 2004 en 2016 ingesluit. Le Pen ontken sy het enigiets verkeerd gedoen. As sy skuldig bevind word, kan die vonnis tronkstraf insluit, maar ook ‘n verbod van tien jaar uit openbare ampte, wat haar hoop om Emmanuel Macron as president in die 2027-verkiesing uit die kussings te lug, sal vernietig.