Midde-Ooste: Situasie is uiters plofbaar

Die Israelse weermag sê hy het begin met beperkte, plaaslike en geteikende grondoperasies teen Hezbollah die suide van Libanon. Hy sê soldate sal daarop fokus om onmiddellike bedreigings uit Libanese dorpies langs die grens te verwyder, insluitend Hezbollah se vermoë om noordelike Israel te infiltreer. Vyf-en-negentig mense is Maandag in Israelse aanvalle in Libanon dood. Die Verenigde Koninkryk se minister van buitelandse sake, David Lammy, sê die situasie in Libanon is plofbaar en kan vinnig versleg: