PDM stem nie saam met universele BIG nie

Die kwessie van ’n basiese inkomstetoelaag is dikwels in die nuus, weens die hoë vlakke van armoede en voedselonsekerheid. Die regering beplan om die voorwaardelike inkomstetoelaag van 600 Namibiese dollar per huishouding na stedelike sentrums uit te brei, as deel van droogtehulp. Die Basic Income Grant-koalisie en ander veg vir ‘n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon as ‘n omvattende en volhoubare oplossing. Kosmos 94.1 Nuus het die PDM se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe gevra vir hul standpunt oor ‘n basiese inkomstetoelaag.