Trump amper-skietery: Routh pleit onskuldig

Die man wat beskuldig word van die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump op sy Florida-gholfbaan, het onskuldig gepleit. Die 58-jarige Ryan Routh staar ‘n aanklag van poging tot moord op ʼn belangrike presidentskandidaat, een van aanranding op ʼn federale beampte, en drie federale vuurwapen-aanklagte in die gesig. Hy word nie beskuldig dat hy op Trump geskiet het nie. Indien hy skuldig bevind word aan die sluipmoord-aanklag, kan Routh lewenslank tronk toe gaan. Die maksimum vonnis op die vuurwapen-aanklagte is 20 jaar tronkstraf.