Israel stel VSA in kennis van Libanon-grondinval

’n Amerikaanse amptenaar het bevestig dat Israel die VSA in kennis gestel het dat hulle van voorneme is om ’n beperkte grondinval in Libanon te loods, berig die BBC. Die amptenaar sê die operasie kan so gou as vandag begin. Hezbollah se adjunkleier, Sheikh Naim Qassem, sê die groep is gereed vir ‘n grondoffensief, wat Israel al dae lank laat deurskemer het. Terselfdertyd het Israel se verdedigingminister, Yoav Gallant, aan troepe naby die Libanese grens gesê hulle is bereid om magte “van die lug, see en land” te gebruik in ‘n offensief.