Hondsdolheid steeds ‘n probleem in Namibië

Wêreldhondsdolheidsdag is op 28 September herdenk, met die landbouministerie wat die gevare van hondsdolheid beklemtoon het. Dit is ’n siekte wat diere sowel as mense aantas. Hondsdolheid is 100 persent dodelik sodra simptome verskyn, maar is ook heeltemal voorkombaar met inentings en tydige mediese aandag. Die siekte dood elke jaar na raming 59 000 mense wêreldwyd, hoofsaaklik in Afrika en Asië, en bly endemies in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die veearts Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek, wat die uitdagings wat hulle in die gesig staar in die bekamping van die siekte uitlig.