Hifikepunye Pohamba-biografie vrygestel, hy het boodskap vir jeug

Die Hifikepunye Pohamba-stigting het die biografie van die voormalige president vrygestel, met die titel “Footprints of Hifikepunye Pohamba – Ondjila Eyi A Enda”. Die boek is geskryf deur dr. Ellen Ndeshi Namhila, die pro-visekanselier van die Universiteit van Namibië. Die geleentheid is regstreeks uitgesaai en deur verskeie politieke figure bygewoon. By die geleentheid het gesondheidminister dr. Kalumbi Shangula, die raadsvoorsitter van die Hifikepunye Pohamba-stigting, gesê die opbrengs van die boek sal na die stigting gaan.

Pohamba het ook gepraat en sy ervaring as voormalige president en bevrydingsvegter uitgelig. Hy sê hy het hy sy deel gedoen en dit is tyd dat die jeug ook hul deel doen.