VK se laaste steenkoolkragstasie sluit

Die Verenigde Koninkryk is op die punt om geen meer elektrisiteit te produseer deur steenkool te verbrand nie. Die land se laaste steenkoolkragstasie, by Ratcliffe-on-Soar, voltooi vandag sy bedrywighede nadat hy sedert 1967 in werking was. Dit beëindig die VK se 142-jarige afhanklikheid van die fossielbrandstof. Dit is ‘n groot mylpaal in die land se ambisies om sy bydrae tot klimaatsverandering te verminder. Die VK was die geboorteplek van steenkoolkrag, en word nou die eerste groot ekonomie wat dit prysgee.