Osaka, Gauff takel mekaar by Chinese Ope

Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka, gaan die Amerikaner Coco Gauff pak in die vierde ronde van die Chinese Ope in Beijing. Die Japanner het die 60ste op die wêreldranglys, Katie Volynets van Amerika, 6-3, 6-2 geklop in haar derde agtereenvolgende oorwinning sedert die Italiaanse Ope in Mei. Gauff het haar plek onder die laaste 16 bespreek met ‘n oorwinning van 7-5, 6-2 oor Katie Boulter van Brittanje. Môre se stryd tussen Osaka en Gauff sal hulle eerste ontmoeting in meer as twee jaar wees.