Soedan se weermag ontken hy het ambassade geteiken

Die Soedannese weermag het vandag ‘n beskuldiging deur die Verenigde Arabiese Emirate verwerp dat sy magte die woning van die sy ambassadeur in Khartoem gebombardeer het, en eerder die paramilitêre Rapid Support Forces blameer. Die Emirate het vroeër vanoggend gesê die woning van sy ambassadeur in Khartoem is deur ‘n Soedannese militêre vliegtuig aangeval en dit as ‘n gruwel aanval wat lafhartige is, veroordeel. Die weermag sê dit was die Rapid Support Forces, wat hy sê sak in een mus is met die Emirate.