Hamas sê sy leier is in Libanon dood

Die militante groep, Hamas, sê sy leier in Libanon, Fatah Sharif, sy vrou en twee kinders is dood in ʼn Israelse aanval in die suide van die land. Dit volg ʼn dag nadat Israel grootskaalse lugaanvalle uitgevoer het op militêre teikens van die Houthi-regime in Jemen. Die Palestynse militante groep, Popular Front for the Liberation of Palestine, het intussen bekendgemaak drie van sy leiers is dood in ʼn Israelse aanval op sentraal-Beiroet in Libanon in die vroeë oggendure.