Stelsel van trofeejag-konsessies moet aangepas word

Die 21ste sessie van die dr. Theo-Ben Gurirab-lesingsreeks het onlangs in die hoofstad plaasgevind. Die tema was “Ekonomiese diversifisering deur volhoubare praktyke: Gebruik van trofeejag en veeboerdery om streekswelvaart te verbeter”. Internasionale betrekkinge-minister dr. Peya Mushelenga het gepraat oor die belangrikheid van trofeejag in Afrika-lande. Hy sê Namibië se huidige trofeejagregime moet hersien word.