Kommer oor ervare gesondheidswerkers wat SA verlaat

Die Demokratiese Verplegingorganisasie van Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor berigte dat ervare gesondheidswerkers na lande soos Brittanje, Dubai en Duitsland verhuis. In Mei het die Departement van Gesondheid ‘n vakaturekoers van 18,6-persent vir gespesialiseerde mediese personeel en 13,7-persent vir verpleegpersoneel gerapporteer. Denosa se Gautengse voorsitter, Simphiwe Gada, sê dis belangrik om die opgeleide mense in die land te hou: