Veediefstal en wildmisdaad weer op misdaadbulletin

Wildmisdaad en veediefstal duur voort. Die Namibiese polisie sê in sy weeklikse misdaadverslag dat drie mans tussen die ouderdomme van 23 en 34 by Mururani aangekeer is in besit van drie ietermagô velle. By Kalkveld ‘n is 45-jarige man gearresteer na hy sonder ‘n permit ‘n eland gejag het en op Otavi op plaas Boshoek is drie bees onwettige geslag. In die voorval is niemand in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.