Israel loods aanvalle op Houthi-teikens

Israel het ‘n golf van lugaanvalle op Houthi-teikens in Jemen uitgevoer. Die aanval op die hawens van Hodeidah en Ras Isa deur tientalle Israeliese vliegtuie het brandstoffasiliteite, kragsentrales en dokke geteiken. Dit kom na die Houthi’s Saterdag ‘n ballistiese missielaanval op Israel se Ben Gurion internasionale lughawe geloods toe Israeliese premier Benjamin Netanyahu van New York af aangekom het. Die missiel is deur die Israeliese weermag onderskep. Die geteikende terreine in Jemen is deur die Houthi’s gebruik om Iranse wapens na die streek en voorrade vir militêre behoeftes oor te dra, het die Israeliese weermag in ‘n verklaring gesê.