Bewerings van jagpermit vir jagluiperd is snert – ministerie

Die ministerie van omgewing het die uitreiking van ‘n jagpermit vir ‘n jagluiperd in die Anabeb-bewarea weerlê. Die ministerie beklemtoon dat geen jagpermitte vir jagluiperds uitgereik is nie en dat Namibië nêrens in die land ’n jagkwota vir jagluiperds het nie. Hy skryf die gerugte toe aan smeerveldtogte. Izak Smit van die Desert Lion Human Relations Aid het egter kommer uitgespreek oor deursigtigheid binne die ministerie en bevraagteken hoe feite vasgestel kan word as die ministerie inligting weerhou, soos wat na bewering gebeur met die trofeejag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi op 11 Oktober 2023. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die omgewingministerie se woordvoerder.