Familie-verkragtings ‘n sosiale kwessie, sê aktivis

Die Omusati-streek het onlangs verskeie verkragtings van vroue en jong meisies deur familiede aangemeld. In die mees onlangse gevalle is ‘n 104-jarige vrou na bewering deur haar nefie verkrag, terwyl ‘n 12-jarige meisie na bewering deur haar twee ooms verkrag is. ’n Polisiebeampte is onlangs in hegtenis geneem omdat hy na bewering sy 15-jarige dogter sedert 2020 verkrag het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ethne Mudge, ‘n sosiale aktivis, wat kommentaar lewer.