Streng veiligheidsreëls red renjaer by Tony Rust-baan

Die Motorsport Federasie se streng veiligheidsvereistes het voorkom dat ‘n renjaer ernstig beseer is tydens die derde been van die nasionale langbaan kampioenskappe by die Tony Rust-renbaan. Michael Strydom se voertuig het ‘n meganiese probleem ontwikkel en het deur die veiligheidsheining gejaag. Francois Lottering het die besonderhede.