ELPG begin vloeibare petroleumgas-opbergingsfasiliteit

Erongo Liquid Petroleum Gas (ELPG) het ‘n sooispit-seremonie gehou vir ‘n 6 000-ton vloeibare petroleumgas-opbergingsfasiliteit op Walvisbaai. Die nuwe terminaal op Plaas 39, sal nie net die Namibiese mark voorsien nie, maar ook buurlande insluitend Botswana, Zimbabwe en dele van Suid-Afrika se Noord-Kaapprovinsie. Die fasiliteit sal in fases ontwikkel word, met ‘n aanvanklike bergingskapasiteit van 10 500 kubieke meter. Die konstruksie van die terminaal kom terwyl die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap ‘n aanhoudende tekort aan grootmaat VPG-bergingsfasiliteite beleef, wat lei tot voorsieningsonderbrekings en hoër brandstofkoste.