Rusland skiet tientalle Oekraïense hommeltuie neer

Die Russiese verdedigingministerie sê sy lugverdedigingstelsels het oornag 125 Oekraïense hommeltuie neergeskiet, terwyl ‘n woonstel in die westelike stad Voronezh getref is. Die ministerie sê die fokus van die onlangse aanvalle was die suidelike Volgograd-streek, waar 67 hommeltuie afgeskiet is. Die goewerneur van die Belgorod-streek, Vyacheslav Gladkov, sê dat een man in die grensdorp Shebekino gesterf het, terwyl agt burgerlikes in die groter streek beseer is deur hommeltuie.