Hongerly is polities, sê LPM, beloof basiese inkomstetoelae

Die Landless People’s Movement, LPM, het sy manifes by ‘n saamtrek in Rundu bekendgestel. Die LPM se leier en presidentskandidaat, Bernadus Swartbooi, het gesê sowat 43 persent van Namibiërs leef in multidimensionele armoede. Die party sal wanneer hy verkies word ‘n basiese inkomstetoelae van 1 500 dollar per maand vir drie jaar aan 500 000 Namibiërs gee wat akute honger in die gesig staar. Swartbooi sê daar is geen manier waarop honger nie verpolitiseer kan word nie, aangesien dit polities beïnvloed word.