9 migrante verdrink, 48 vermis toe boot omslaan

Nege mense het verdrink en minstens 48 word vermis nadat ‘n boot met migrante naby die Kanariese Eilande omgeslaan het. Seereddingspanne sê hulle het ‘n noodoproep van naby El Hierro, een van die eilande in die Atlantiese eilandgroep, beantwoord. Hulle het daarin geslaag om 27 van die 84 mense aan boord te red. Anselmo Pestana, hoof van die Kanariese Eilande-prefektuur, sê volgens oorlewendes het die boot vertrek vanaf Nuadibu in Mauritanië, byna 800km weg.