Man City verloor Rodri vir res van seisoen na knie-operasie

Sokker: Die middelveldspeler van Manchester City, Rodri, loop die res van die seisoen mis met ʼn ernstige kniebesering wat slegte nuus is vir hulle hoop om die Premierligatitel ʼn vyfde agtereenvolgende keer in te palm. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê die Spaanse internasionale speler het sy anterior kruisligamente beseer in verlede week se gelykop-uitslag van 2-elk teen Arsenal en is gister geopereer. Rodri is een van Arsenal se belangrikste spelers en sy verlies skep ʼn probleem vir Guardiola wat ook die Kampioeneliga weer wil wen.