Brandstofpryse daal, padgebruikersheffing styg

Die energie-ministerie het aangekondig dat die petrolprys in Oktober met 1 Namibiese dollar sal daal. Die prys van diesel in altwee kategorieë sal ook met 1 dollar per liter daal. Dit tree ‘n minuut na middernag op Woensdag, 2 Oktober in werking. Die verlagings is weens ‘n lae olieprys en ‘n sterker Namibiese dollar. Die padgebruikersheffing, wat deel vorm van die brandstofprys, is met 25 sent per liter verhoog na 2 dollar 23 sent per liter. Die ministerie het ook die geweegde brandstof-vervoertariewe ingestel om die spoortariewe tussen Walvisbaai en binnelandse brandstofprysdepots te vervang. Die nuwe tariewe is gemiddeld sowat 21,9 persent hoër as die spoortariewe. Stella-Maris Amadhila, ‘n ekonoom by die ministerie, brei uit.