104-jarige vrou, 12-jarige meisie glo deur familielede verkrag

‘n 104-jarige vrou in die Omusati-streek is na bewering op verskeie geleenthede deur ‘n 33-jarige man verkrag. Kommissaris Ismael Basson, NamPol se streekbevelvoerder, sê die beskuldigde is ‘n familielid van die vrou en hulle woon in dieselfde huis. Hy het na bewering verskeie kere na haar slaapkwartiere gegaan en haar verkrag. In dieselfde streek is ‘n 12-jarige meisie na bewering op afsonderlike geleenthede deur haar twee ooms verkrag. Hulle woon ook in dieselfde huis.