Siya vol vertroue vir oorwinning oor Pumas

Rugby: Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is vol vertroue vir ʼn oorwinning teen Argentinië vanmiddag in die Mbombela-stadion. Dit is die laaste Rugbykampioenskapswedstryd. Argentinië moet met meer as sewe punte wen en drie bykomende drieë aanteken om hulle eerste kampioenskapstitel in te palm. Die afskop belowe intense rugby-aksie na ʼn naelskraapse nederlaag van 29-28 verlede naweek. Kolisi is oortuig die span het goed voorberei en sal meer klinies wees.