All Blacks draf Wallabies 33-13 kaf

Die All Blacks het die Wallabies met 33-13 kafgedraf in hul laaste Rugbykampioenskap-kragmeting in Wellington. Nieu-Seeland behou ook daarmee die Bledisloe-beker. Die All Blacks het vyf drieë gedruk teenoor Australië se een. Dit was die flank Sam Cane se 100ste verskyning vir die All Blacks. Net drie ander All Blacks het meer as 100 toetse gespeel, naamlik Richie McCaw, Dan Carter en Kieran Read. As die Springbokke teen die Pumas wen sal die All Blacks tweede eindig in die Rugbykampioenskap, met die Wallabies onderaan die puntelys.