Katima korrektiewe fasiliteit sal 420 hektaar grond bewerk

Adjunk-premier John Mutorwa sê die konstruksie van die Katima Mulilo korrektiewe fasiliteit op die Katima-Liselo plaas is ‘n belangrike mylpaal in die land se strewe na volhoubare ontwikkeling en voedselsekerheid. Die fasiliteit sal na verwagting sowat 420 hektaar grond bewerk, met die fokus op mielies, koring, sonneblomme, en ‘n verskeidenheid vrugte en groente. Fase een van die projek het begin, wat insluit die skoonmaak van die 13,2km kaplyn deur die Nasionale Jeugdiens. Omheining en rehabilitasie van die bestaande verblyffasiliteite sal gedurende die 2025/2026 finansiële jaar gedoen word. Mutorwa het by die sooispit-seremonie gepraat.