Kaizer Chiefs, Sundowns pak mekaar in reuse-kragmeting

Sokker: Twee reuse in Suid-Afrikaanse sokker pak mekaar vandag in ‘n Premierliga-kragmeting in die FNB-stadion. Kaizer Chiefs is gashere vir Mamelodi Sundowns en albei spanne is onoorwonne na hulle eerste twee wedstryde van die seisoen. Sundowns se afrigter, Manqoba Mngqithi, verwag ’n moeilike wedstryd.