Dan du Plessis lei Stormers teen Ospreys, Damian Willemse terug

Rugby: Senter Dan du Plessis voer die Stormers vanaand aan in hulle openingswedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Ospreys in Bridgend, Wallis. Damian Willemse keer na ʼn besering terug op heelagter, met Suleiman Hartzenberg en Leolin Zas die vleuels. Ruhan Nel keer ook terug op senter. Ben-Jason Dixon is onder die plaasvervangers nadat hy vandeesweek by die span aangesluit het toe hy deur die Springbokke vrygestel is. JD Schickerling trek die eerste keer sedert 2021 weer ʼn Stormers-trui oor die kop. Afskop is om 8:35 vanaand, Suid-Afrikaanse tyd.