Oud-veldwagters 20 jaar tronk toe oor renosterstropery

Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnisse van 20 jaar wat twee voormalige veldwagters van die Nasionale Kruger-wildtuin, Lucky Mkanzi and Nzima Joel Sihlangu, opgelê is vir renosterstropery. Die Streekhof op Skukuza in Mpumalanga het die twee skuldig bevind aan sameswering en die stroop van twee renosters in 2018. Die streekswoordvoerder van die gesag, Monica Nyuswa, sê stropery bedreig beskermde spesies en die omgewing en hierdie vonnis stuur ʼn sterk boodskap om die natuurlewe vir toekomstige geslagte te beskerm.