Padowerheid-hoof maak gruispaaie sommer so bitumenstandaard

Die uitvoerende hoof van die Padowerheid, dr. Conrad Lutombi, het aangekondig dat die nuwe Makanga- en Masida-toegangspaaie nie meer gruis sal wees soos aanvanklik deur die vervoer-ministerie beplan en aangekondig is nie. Lutombi sê die paaie sal nou lae bitumenstandaard sal wees, ‘n besluit wat volgens hom saam met sy span geneem is terwyl hulle die terreine gedurende die week besoek het. Die projekte word ten volle deur die regering befonds. Die Padowerheid het verder 10 000 Namibiese dollar elk aan die gekombineerde skole in Makanga en Masida beloof, as deel van sy korporatiewe maatskaplike verantwoordelikhede.